HISTORY

NG Kerk Nieu-Bethesda

 

 

 

 

 

 

 

Geskiedenis:

Barend Jacobus Pienaar word beskou as die vader van die dorp. Die grond/plaas wat hy aan sy twee oudste seuns bemaak het, word in Februarie 1875 aan die “Dorpscomité” verkoop vir £4000. Ds Charles Murrray van die Graaff-Reinet gemeente het die gemeenskap met tye besoek om dienste te lei. Volgens oorlewering het hy op ‘n vergadering gesê: “ Laten wij dese plaats nu ‘Bethesda’ noemen (Laat ons hierdie plek nou ‘Bethesda’ noem). Sy Hollandse ‘nu’ het geklink soos ‘new’ en is toe opgeteken as “Nieu Bethesda”

Bethesda beteken ook “plek van stromende water” – in die Bybel by die bad van Betesda was twee sterk fonteine (Joh.5:2)

In April 1875 word die eerste versoeke om ‘n eie gemeente te stig aan die ring van Graaff-Reinet gerig, en later weer in ‘n brief in Julie 1877. Die Nieu Bethesda gemeente word op 20 November 1878 gestig en vier jaar later word die eerste leraar, Ds HF Schoon, op 10 Junie 1882 bevestig. Die Waenhuis van BJ Pienaar, vorige eienaar van die plaas Uitkyk, word verander om as kerkgebou te dien – dien later as Kerksaal.

Volgens die gemeentelike opgawe van 1879 was daar net 187 lidmate en slegs 442 siele. Die eerste amptelike sensus in 1898 toon dat die lidmaattal van die gemeente 308 was, met ‘n totaal van 645 mense in die omgewing.

Met die stigting van die gemeente het die ou “Dorpscomité” ophou bestaan, en die kerkraad het as eienaar van die dorp, hul funksie oorgeneem. Interessant is ook dat die kerkraad (1890) besluit om brandewyn om “gesondheidsredes” aan te hou en te versprei. (Hulle was wel hewig gekant teen enige dranklisensie in Nieu Bethesda)

Ds AA Weich (1890-1908) beywer hom vir die bou van ‘n nuwe kerk, want die ou gebou moes gedurig opgeknap word en het ook te klein geword. Die Anglo-boereoorlog en daaropvolgende depressie het egter die bouplanne vir ‘n tyd lank in die wiele gery.

Tenders is aangevra en daarvolgens sou die gebou in 1903 reeds tussen

£10 000 en £11 000 pond kos. Stygende boukoste na die oorlog laat die gemeente besluit om self te bou, onder leiding van die boumeester en ook hoofmesselaar, ene JH Schimper van Graaff-Reinet. Die kerk is mét meubels uiteindelik opgerig vir £6500. Dit was slegs moontlik agv die hulp en bydraes van die gemeentelede – die vervoer en skenking van bousand, klip en bakstene. Op 11 Februarie 1905 is die hoeksteen gelê deur Mev. (Ds.) Weich en die kerk se inwyding vind plaas op

23 Desember 1905.

Die kerkgebou stem in vorm baie ooreen met die moederkerk op Graaff-Reinet.

Kiaathout-deure en -vensterrame is gebruik, vensters is van gekleurde loodglas en die preekstoel – byna 3m hoog – van kiaat. Die kerkbanke is van eikehout en drie groot kroonkandelare, wat met asetileengas werk, belig die kerk. Daar word aangedui dat die kerk oor tussen 668 en 700 sitplekke beskik, maar die gemeentetal met die inwyding word aangedui as slegs 375.

In Junie 1914 is die nuwe orrel ingebruik geneem. Die orrel is deur Price en seun van Kaapstad gebou en het 16 registers en meer as 624 pype wat aan die voorkant versilwer is. P. Pienaar (Span) is as eerste “orreltrapper” in diens geneem teen betaling van 2/6 (25 sent) per maand.

 

Interessante feite:

  • Die langsdienende orreliste, Mev. Elise Pienaar was vanaf 1978 tot 2009 in diens – dus 31 jaar. Op die oomblik het die gemeente geen orrelis nie.
  • Die grense van die gemeente loop vanaf Kareelaagte in die ooste, vanaf Pampoenfontein in die noorde (Middelburg kant), Damesfontein in die weste en Steilkrantz en Dorsfontein (Graaff-Reinet kant) aan die suide. 
  • Die sustentasie fonds is in 1911 in die lewe geroep met £600, dit staan nou bekend as die reparasiefonds en beloop meer as R100 000
  • Die gemeente dra jaarliks meer as R100 per lidmaat by tot Bybelverspreiding
  • Die gemeente se sinodale bydrae per lidmaat is ook van die hoogste in die Ring
  • Met die Kerssangdiens elke jaar in Desember, word die oorspronklike asetileen-gaslampe aangesteek

Tydlyn:

  • Barend Jacobus Pienaar word beskou as die vader van die dorp.
  • Februarie 1875 – die grond wat hy aan sy twee seuns bemaak, word aan die “Dorpscomité” verkoop vir £4000
  • Julie 1877 – daar word versoek dat ‘n gemeente in die omgewing gestig word
  • Nieu Bethesda – Ds Charles Murrray van die Graaff-Reinet gemeente het die gemeenskap met tye besoek om dienste te lei. Volgens oorlewering het hy op ‘n vergadering gesê: “ Laten wij dese plaats nu ‘Bethesda’ noemen (Laat ons hierdie plek nou ‘Bethesda’ noem). Sy Hollandse ‘nu’ het geklink soos ‘new’ en is toe opgeteken as “Nieu Bethesda”. Bethesda beteken ook “plek van stromende water” – in die Bybel by die bad van Betesda was twee sterk fonteine (Joh.5:2)
  • 20 November 1878 – Die Nieu Bethesda gemeente word gestig en vier jaar later word die eerste leraar, Ds HF Schoon, op 10 Junie 1882 bevestig.
  • Daar is reeds ‘n pastorie (hv. Martin/Pastoriestrate) en die skoolgebou (huidige Bethesda Art Centre) word as kerkgebou oorweeg
  • Die waenhuis van BJ Pienaar – vorige plaaseienaar van Uitkyk – reg langs die pastorie, word verander om as kerkgebou te dien tot in 1905. Daarna word dit die kerksaal
  • 1879 – eerste gemeentelike opgawe toon 187 lidmate en 442 siele
  • 1898 – eerste amptelike sensus – 308 lidmate en 645 siele
  • Op die pastoriegrond (hv. Pastoriestraat en Rivierstraat) word ‘n kleiner waenhuis gebou om as kerk vir die kleurlinge Sondagaande te dien. Later word dit stalle en waenhuis vir die predikant
  • 1890 – Interessant dat die kerkraad besluit om brandewyn om “gesondheidsredes” aan te hou en te versprei. (Hul was wel hewig gekant teen enige dranklisensie in Nieu Bethesda)
  • In die begin word een diens per maand in Engels gehou en “een plaats eenkant in den kerkhof” word toegestaan aan Engelssprekendes
  • Tydens die inwyding van die nuwe kerkklok (1897) breek die tou van die ou klok net nadat dit vir die laaste keer deur die koster gelui word.

 

 Die nuwe kerk:

  • 1890-1908 – Ds AA Weich beywer hom vir die bou van ‘n nuwe kerk. Die ou gebou het te klein geword en moes gedurig opgeknap word
  • 1903 – tenders aangevra beloop tussen £10 000 en £11 000.

Inaugurated in 1905

With seats for up to 700 souls, this church still hopes to be completely full again one day. Still lit by gas chandeliers that pre-date the arrival of electricity in the village, the imposing white church asserts its presence over the entire valley.

The building was inaugurated in 1905, after many services being held in BJ Pienaar’s wagon house. The Wagon House (now known as the Old Church Hall) was then used as a church hall and a venue for English church services.

With a tall and elegant steeple and a clock that chimes accurately on the hour, this historic church is still open every Sunday for its congregation.


Rates

No Entrance Fee

Payment Options

Cash or EFT Donations Welcome

Pet Friendly

Contact us

Contact Details

Nelda Pienaar
Tel:
072 400 3195

E-mail:
ngknieubethesda@webmail.co.za

Physical Address

Church Street
Nieu – Bethesda

 

 

Hours

Sunday Summer Service:
09h00
Sunday Winter Service:
19h30
Open to the public on request

NIEU-BETHESDA

EVENTS CALENDAR

See annual events & festivals, workshops, retreats, exhibitions, and classes on offer in Nieu-Bethesda.

Pin It on Pinterest

Share This